Huidige projek - Slaggatprojek

werkskepping
M2 Slaggatuitwissingspan. "Ons wis slaggatte een vir een uit."

Die Matlosana Munisipaliteit en Mosterdsaad gemeenskapshulp het kragte saamgesnoer om geteikende slaggatte in die stad Klerksdorp een vir een te herstel.

Die Munisipaliteit sal gratis voorsien:

  • Spanne met werkskundigheid om die taak te verrig.
  • Toerusting om die werk te doen. o Snygereedskap o Grawe o Kompakteergereedskap o Verfgereedskap o Trok om die warm asfalt na die herstelarea te vervoer. o Ter plaatse opleiding van die personeel van Mosterdsaad Gemeenskapsprojek

Mosterdsaad Gemeenskapshulp sal voorsien:

  • Mosterdsaad-spanne om te help om die slaggatte te herstel.
  • Genoeg warm asfalt om die geteikende slaggatte te herstel (op eie koste).

Ons sal aanvanklik fokus op slaggatte in minder besige paaie in die voorstede van Klerksdorp. Ons sal die aankoop van asfalt finansier deur middel van relevante gemeenskapsdonasies.

Hoe gaan ek te werk om slaggate in my area te herstel.

Dit is belangrik om daarop te let dat slaggate slegs deur geaffekterde gemeenskappe se fiansiele bydrae herstel kan word.

Hoewel die toerusting gratis deur die munisipaliteit verkaf word moet warm Asphalt (teer @ R2 000 per ton) en SS60 (@ R19/liter) aangekoop word. Hierbenewens moet Mosterdsaad se personeel (teen ‘n dagloon van R250 per dag) vergoed word om die slaggate te herstel.

 

Die prosedure om ‘n slaggat in jou area te herstel is as volg

  • Identifiseer die straat wat herstel moet word
  • Versoek ‘n kwotasie vir die herstel van pad vanaf Christo Booyens (083 305 8708)

of Maggie van Zuydam (082 739 7910). Christo of Maggie sal dan saam met jou die herstel van die pad beplan.  

  • Samel geld vir die herstel van die pad van die inwoners van die straat (en aanliggende strate) in.
  • Sodra die geld ingesamel is kan Christo Booyens of Maggie van Zydam in kennis gestel word en die geld in Mosterdsaad se tjek rekening by FNB nr 62805551977, te Wilkoppiestak – 250053 oorbetaal word.
  • Die herstel van die pad sal dan beplan word en uitgevoer word.
  • Hierna kan julle in vrede die pad se gebruik geniet!!!!

Werk reeds gedoen.

Voor Fotos

Voorbereide gate.

Voltooide werk

So word daar gewerk!

Scroll to Top