Mosterdsaad Skenkings
U kan op die volgende maniere betrokke raak en help by Mosterdsaad Gemeenskap Hulp.
Please Share
1: Aflewering
U kan enigiets wat U wil skenk, aflewer. U kan eers vir Maggie bel en U plan verduidelik. Maggie se nommer en adres is onder aan die blad.
Gewilde skenkings sluit in, maar is nie beperk tot nie:
Kos, Klere, meubels, elektriese toerusting, Skool Klere, Komberse en warm goed vir die winter, Skoene. Basies enigiets wat by U oortollig is. U kan dit wel verkoop vir n klein bedrag, maar dit gee soveel meer satisfaksie om dit te skenk, as om vir n weg gee prys te verkoop. Begin sommer nou alles wat U nie gebruik nie, bymekaar te sit, gereed om te gaan aflewer.
Waarvoor wag? Dit gaan tog net n probleem wees aan die einde van die dag. (As jy moet trek of iets oorkom)

2: Direkte bank inbetaling (EFT) (Mosterdsaad Gemeenskap Hulp)
Maak n direkte bank inbetaling, sommer deur U Bank se applikasie of deur die internet. U sal weet hoe U dit gewoonlik doen.
Bankbesonderhede is:
Mosterdsaad
FNB – Cheque Rek
Wilkoppies – 250053
Rek. No. 62805551977

Mosterdsaad Skenkingsbeleid
1. Algemeen
- Mosterdsaad is 'n organisasie met Christelike beginsels.
- Geen Skenkings word privaat aangewend nie.
- Die helpers is vrywilligers wat in sekere gevalle op dieselfde voorwaardes as ander 'n kospakkie ontvang.
- Dit is 'n voorreg om by Mosterdsaad 'n skenking te ontvang, nie 'n REG nie.
- Daar kan net uitgedeel word as Mosterdsaad iets ontvang.
- Hulp word slegs aan minderbevoorregtes verleen.
2. Tye vir die uitdeel van skenkings is as volg:
- Maandae: 09:00 – 13:00
- Dinsdae: 09:00 – 13:00
- Donderdae: 09:00 – 13:00
3. Skenkers prosedure
- Skenkers is enige dag van die week welkom om skenkings te doen.
- Alle skenkings word aangeteken sodra dit ontvang word.
4. Ontvangers van skenkings
- Ontvangers van skenkings moet 'n vrywaringsvorm teken.
- Mosterdsaad keur skenkings vir 'n periode van drie maande goed.
- Alle ontvangers teken vir enige skenking wat hulle van Mosterdsaad ontvang.
- Gesinne word sodra hulle om hulp aansoek doen, volgens aantal persone in die gesin ingedeel.
- Mosterdsaad kontroleer alle spesifieke inligting oor die gesin.
- Ontvangers kies vooraf op watter dag van die week hulle hul kospakkie wil kom haal.
- Ontvangers van skenkings ontvang een kospakkie per week na gelang van hulle gesin grootte.
5. Eetbare skenkings
- Alles wat inkom word binne die produkte se rakleeftyd uitgedeel.
- Vleis, jogurt, melk en sappe word binne 'n dag of twee uitgedeel sonder om die koue ketting te breek.
- Brood en deeg word ook binne 'n dag of twee uitgedeel.
- Voedsel met 'n langer rakleeftyd (Meel, Pasta, Rys, ens) word ook na gelang van behoefte uitgedeel (meestal binne 'n dag of twee)
- Blikkieskos word ook na gelang van behoefte uitgedeel maar mag na gelang van rakleeftyd eers gebêre word en later na gelang van behoefte uitgedeel word.
- Kos met 'n lang rakleeftyd (Suiker, tandepasta, tandeborsels, ens.) word tradisioneel gebêre vir spesiale geleenthede (Kersfees, paasfees, partytjies, die winter ens.)
6. Nie-eetbare skenkings
Klere, skoene, truie, ens. word dieselfde dag wat dit geskenk word uitgepak en volgens geslag, grootte en seisoen uitgestal. Voornemende ontvangers kan enige iets sonder koste uitkies.
