Voedsel
Kospakkies:
Mosterdsaad gee weekliks sowat 500 kos pakkies uit, wat uitgewerk is vir die spesifieke gesin. Dit is vreeslik baie, meer as 2000 kospakkies per maand en steeds groei die hoeveelheid mense wat nodig het. Die kos pakkies verskil ook elke week, om eentonigheid uit te kanseleer. Elke gesin, kry elke week n kos pakkie. Hulle kom haal dit self af op Maandae, Dinsdae en Donderdae. In die begin moet hulle n vorm voltooi wat aandui wat die behoefte is en die pakkies word voor die tyd deur die personeel gepak. Meeste van hierdie kos word aangekoop en Mosterdsaad kan dit nie doen sonder kontant skenkers nie.Maggie
Fotos - Voedsel
Dankie:
Mosterdsaad wil dankie sê aan elke skenker, welke jy n privaat individu, n winkel of groep of n plaas boer is wat van sy oortollige produkte skenk. Sonder julle sal ons nie die mas kan opkom nie. Daar is so baie mense wat gehelp word en ons weet regtig nie hoe hulle die lewe sou kan behou as julle nie inspring en help nie. Ons kan so hard werk as wat ons wil, maar as ons niks inkry nie, kan ons niks uitgee nie.
Baie Dankie!Maggie en Personeel
