Mosterdsaad Gemeenskap Hulp
Werkskepping
Huidige en toekomstige Projekte
Mosterdsaad Gemeenskap Hulp voorsien kospakkies aand 750 gesinne per week. Hierdie gesinne het nie een n werk waarmee hulle n inkomste kan verdien of self onderhoudend raak nie. Hulle is dus permanent van Mosterdsaad Gemeenskap Hulp afhanklik.
Dit is vanselfsprekend dat dit nie so kan aangaan nie en die getal afhanklikes word net meer en nie minder nie. Daarom is daar koppe bymekaar gesit om werk te verskaf aan hierdie mense en so is die Mosterdsaad Gemeenskap Hulp Werkskeppings projekte in die lewe geroep.
Die slaggate projek is tans nog die enigste, maar verskeie ander projekte word beplan.
Van die idees tans op die tafel is :
- Om brandhout te kan voorsien.
- Mense wat plaassekuriteitsprojekte kan beman.
- Huise leeg en skoon te maak waar mense moet ontruim (mense wat na aftree oorde moet gaan, ens).
U word ook uitgenooi om idees te bring oor hoe werk geskep kan word.
Navrae kan gerig word aan:
Maggie van Zuydam – Mosterdsaad Gemeenskapshulp 082 739 7910
Christo Booyens – namens NG Doringkruin/Mosterdsaad gemeenskapshulp 083 305 8708
Hoe gaan ek te werk om slaggate in my area te herstel.
Dit is belangrik om daarop te let dat slaggate slegs deur geaffekterde gemeenskappe se fiansiele bydrae herstel kan word.
Hoewel die toerusting gratis deur die munisipaliteit verkaf word moet warm Asphalt (teer @ R2 000 per ton) en SS60 (@ R19/liter) aangekoop word. Hierbenewens moet Mosterdsaad se personeel (teen ‘n dagloon van R250 per dag) vergoed word om die slaggate te herstel.
Die prosedure om ‘n slaggat in jou area te herstel is as volg
- Identifiseer die straat wat herstel moet word
- Versoek ‘n kwotasie vir die herstel van pad vanaf Christo Booyens (083 305 8708) of Maggie van Zuydam (082 739 7910).
Christo of Maggie sal dan saam met jou die herstel van die pad beplan.
- Samel geld vir die herstel van die pad van die inwoners van die straat (en aanliggende strate) in.
- Sodra die geld ingesamel is kan Christo Booyens of Maggie van Zydam in kennis gestel word en die geld in Mosterdsaad se tjek rekening by FNB nr 62805551977, te Wilkoppiestak – 250053 oorbetaal word.
- Die herstel van die pad sal dan beplan word en uitgevoer word.
- Hierna kan julle in vrede die pad se gebruik geniet!!!!
slaggate
Huidige projekte

Mosterdsaad – Slaggatprojek
M2 Slaggat uitwissing span.
“Ons wis slaggatte een vir een uit.”
Die Matlosana Munisipaliteit en Mosterdsaad gemeenskapshulp het kragte saamgesnoer om geteikende slaggatte in die stad Klerksdorp een vir een te herstel.
Split hout
Toekomstige projek

Die split van brandhout is arbeid intensief en mense kan so werk gebied word.
Lees binnekort meer hieroor.
Kamera monitering
Toekomstige projek

Die hoeveelheid CCTV kameras op plase en paaie tussen plase is aan die groei. Hierdie kameras moet beman en dopgehou word. Die boere het hulp nodig, want hulle het werk om te doen en kan nie heeltyd sit en kamras dophou nie. Dus n groot werkskeppings geleentheid.
Lees binnekort meer hieroor.
Herwinnings projek
Toekomstige projek

'n Opwindende nuwe geleentheid is in die vooruitsig vir diegene wat tans werkloos is en op weeklikse kospakkies staatmaak. Die Herwinningsprojek, wat binnekort van stapel gestuur sal word, beoog om werksgeleenthede te skep deur middel van herwinning. Hierdie inisiatief sal fokus op die insameling, sortering en verwerking van herwinbare materiale soos plastiek, papier, glas en metaal. Nie net sal dit help om die omgewing te beskerm nie, maar dit sal ook 'n volhoubare inkomstebron vir deelnemers bied. Die Herwinningsprojek beloof om 'n positiewe impak op beide die gemeenskap en die omgewing te hê.
Lees binnekort meer hieroor.
Skoonmaak/leegmaak van huise
Toekomstige projek

'n Nuwe projek genaamd "Skoonmaak/leegmaak van huise" is in die pyplyn om werk te skep vir diegene wat tans werkloos is en op weeklikse kospakkies staatmaak. Hierdie inisiatief sal fokus op die skoonmaak en leegmaak van huise wat vakant raak as gevolg van omstandighede buite die bewoners se beheer, soos gevorderde ouderdom, afsterwe, of ander tragiese redes. Die projek sal deelnemers toerus met die vaardighede en hulpbronne om huise met deernis en professionaliteit te hanteer, terwyl hulle 'n waardevolle diens aan families in moeilike tye lewer. Hierdie werk bied nie net 'n inkomste nie, maar ook 'n geleentheid om 'n positiewe bydrae tot die gemeenskap te maak tydens sensitiewe oorgangstye.
